Skaap trek Merweville na Ceres Karoo dag 1

Tell us where your Pajero has taken you.
dawie botha
Country: RSA
Vehicle: 2000 Pajero
Posts: 21
Joined: Sun Aug 23, 2015 8:34 am

Skaap trek Merweville na Ceres Karoo dag 1

Mon Aug 06, 2018 12:40 am

Vir geslagte het vee boere hul vee tussen somer en winter weiding getrek. Dit het egter verlore geraak met die modernewereld en slegs n handjie vol doen dit nog. Frans ,Marissa en hul 2 seuns is een van hulle en ons het die geleentheid gehad om saam te trek.Dit sou op dieselfde trekpad wees wat vorige geslagte gevolg het. Dit sou ek,my vrou en ons 2 dogters wees met 1071 skaap en 1 bok (moenie vra nie ) en sou 6 dae neem.
Ons is donker op om skaap bymekaar te maak.
0e0ab2f3-ac89-4f4a-b1db-ed942c8f08d1.jpg
Kinders is ook ywerig
skaaptrek 006.JPG
Die eerste stap in die gangetjie ( die stuk pad tussen 2 drade ) gaan stadig sodat skaap kan vreet.
1 uur stop ons sodat almal kan rus
1b49dc65-e4c2-4687-800d-e49e81edd38f.jpg
koffie tyd
Skaaptrek 2018 058.JPG
Ons eerste stop sou by Vanderlinde se kraal wees.
Skaaptrek 2018 074.JPG
.
Ons kamp sommer so tussen skaap in die kraal.
Skaaptrek 2018 099.JPG
By die huis het ek die Pajero se agter sitpleeke plat geslaan en ma en die 2 meisies sou daar slaap en ek in n klein tent op n stretcher.
Dit het toe dadelik uitgerafel toe ma langer as n paar minute daar moes le.
Synde ons altwee skraal is het ek aangebied om my stretcher met haar te deel. Dit het toe n lang en koue nag geword.
vervolg


TinusK
Country: South Africa
Vehicle: 2004 Pajero 3.2 DID GLS
Posts: 51
Joined: Mon Aug 17, 2015 10:39 am

Re: Skaap trek Merweville na Ceres Karoo dag 1

Mon Aug 06, 2018 6:58 am

Ons wag in spanning op die vervolg...

Return to “Trip Reports”

Login · Register