Skaap trek Merweville na Ceres karoo dag2

Tell us where your Pajero has taken you.
dawie botha
Country: RSA
Vehicle: 2000 Pajero
Posts: 21
Joined: Sun Aug 23, 2015 8:34 am

Skaap trek Merweville na Ceres karoo dag2

Mon Aug 06, 2018 8:49 pm

Na die rowwe nag met die slapery is die geluide om 5 uur van volk wat vuur maak n verligting. Die reuk van skaap hang swaar in die bytende oggend luggie. Kraal waar ons geslaap het is regs agter.
Skaaptrek 2018 102.JPG
Skaaptrek 2018 104.JPG
Hoe dit werk is dat ons aanjaag tot bakkies klein raak dan moet iemand terrugstap om hul te gaan haal. Frans se seun kan bestuur en ek leer dadelik vir my oudste. Na 3 saamryery is sy ok tot ma se ontsteltenis los ek haar. geen probleem.Die ongevalle begin ook nou inkom.
Skaaptrek 2018 134.JPG
Daar is altyd een wat wil bakkie ry
Skaaptrek 2018 160.JPG
. Die volg stuk pad is baie rof oor n rant deur n riviersloot en ek bied aan om die roadtrain te sleep. Die Pajero stel my nie teleur
Skaaptrek 2018 181.JPG
By ons oornag kamp by Stadler se kamp kry ons die eerste lam toe n merino besluit dit is tyd.
Skaaptrek 2018 183.JPG
Die wind waai ons hier uitmekaar en ons maak kamp in n rivierbedding wat verligting bring. Ons sit lekker en kuier om die vuur en is 8 uur al in die bed. Moeg en vuil maar tevrede na n moeilike trekdag.
Skaaptrek 2018 201.JPG
Ek slaap die aand soos n klip en Liesel probeer weer die kar slapery
vervolg
Attachments
Skaaptrek 2018 110.JPG
TinusK
Country: South Africa
Vehicle: 2004 Pajero 3.2 DID GLS
Posts: 53
Joined: Mon Aug 17, 2015 10:39 am

Re: Skaap trek Merweville na Ceres karoo dag2

Tue Aug 07, 2018 6:22 am

Ek geniet hierdie, baie dankie
User avatar
CATS
Contact:
Vehicle: 2001(Gen3) Pajero 3.2 Did, 2008(Gen4) Pajero Did
Location: Centurion
Posts: 2115
Joined: Fri Jun 12, 2009 11:11 pm

Re: Skaap trek Merweville na Ceres karoo dag2

Tue Aug 07, 2018 6:55 am

Dankie vir die saamry. Dit is baie lekker.

CATS

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

2009 Pajero 3.2 DiDc Lwb GLS (Gen4) - Casper (Starting to grow on me)
2001 Pajero 3.2 DiD Lwb GLS Manual (Gen3) - Snoopy (SOLD but not forgotten)
2008 Pajero 3.2 DiDc Lwb GLS Auto (Gen4) - Silvester (SOLD)
Image

Return to “Trip Reports”

Login · Register

Login  •  Register