Skaap trek merweville na ceres karoo dag 3 (A)

Tell us where your Pajero has taken you.
dawie botha
Country: RSA
Vehicle: 2000 Pajero
Posts: 21
Joined: Sun Aug 23, 2015 8:34 am

Skaap trek merweville na ceres karoo dag 3 (A)

Tue Aug 07, 2018 8:29 pm

Ma is nie n happy camper. Nog n nag sonder slaap in kar. ek sal n plan moet maak of die trek gaan suid.
Ons trek vandag na Kanonfontein ongeveer 16 mkm ver en voorspel om moeilik te wees sonder n gangetjie. dit voorspel baie hardloop om skaap te keer. Frans is donker al by skaap en sien dat n dorper deur die nag gelam het.Sy werks etiek en tempo verstom my. Hy is ooglopend lief vir sy diere en mis niks.
Skaaptrek 2018 213.JPG
Merino ooi
Dorper lam
Skaaptrek 2018 208.JPG
Die dorper ooi lyk nie lekker nie en ons sal haar moet dophou.
Skaaptrek 2018 235.JPG
Dit is stof eet op hierdie trek as jy agter ja nog voor die son eens op is.
Skaaptrek 2018 220.JPG
Skaaptrek 2018 233.JPG
As ons hier oor die rant loop kyk ons terug na die koup ( karoo gedeelte so vernoem ) en stap ons die moordenaars karoo in.
Op een punt sien ek hier die N1 voor ons wegdraai. Dit voel so onwerklik om die lewe daar te sien verby jaag terwyl ek hier in die ou wereld stap.Hoe wens ek nie dat die oomblik vir altyd kan hou.Ons hou ontbyt by langklip en laat die skaap drink. Ek sien vir marissa en die seuns die skaap dophou waa hul drink en die oomblik raak my sodat ek moet hol vir kamera. ek neem n foto wat vir my hulle vrede vasvang.
Skaaptrek 2018 246.JPG
En toe hoor ek iets wat n ouer nie wil hoor in die middel van die karoo nie, n lang uitgerekte en benoude paaaaaaaa uit die kar. Ek storm nader en dit is my jongste wat verkoue gekry het deur nag en gou haar ontbyt oor die beddegoed gooi. Ek keer vir n vale met my hande en enige lap wat ek kan kry. My moed sak tot in my skoene ! Ek gooi die slaapsakke oor n draad en was met damwater vervaard om iets te red
Skaaptrek 2018 247.JPG
Ek kry een slaapsak gered en is nou oortuig ons sal moet huis toe. Die teleurstelling kom le soos n groot overdraft op my skouers. Ons besluit om aan te stoot en te kyk hoe dit gaan.
Skaaptrek 2018 248.JPG
Dit raak n moeilike trek met weerbarstige skaap en n siek kind wat swaar op my gemoed le. Ons stop vir middag ete en halfpad roep volk vir Frans oor n ooi wat ongemaklik lyk. Frans roep my nader en ons sien dat die lam skeef gebore word. Frans druk die lam reg en help hom uit.Hy los hom dadelik sodat ons reuk nie inmeng met die lam sin.
Skaaptrek 2018 254.JPG
Die lam wat die vorige nag gebore is sukkel ook met sy ma wat nie melk het. Frans probeer red
Skaaptrek 2018 256.JPG
Attachments
Skaaptrek 2018 248.JPG


Return to “Trip Reports”

Login · Register