Skaap trek merweville na ceres karoo dag 3 (B)
Daar word afskortings gebou met voersakke in die sleepwa vir al die kraamgevalle.
Mooiblompleisterbos
Skaaptrek 2018 277.JPG
Die twee honde Tralie en Russel moet hier hard werk om skaap bymekaar te maak. Hulle beur in alle rigtings en ons is al moeg geskree en gehardloop.
Skaaptrek 2018 303.JPG
Liesel vang haar eerste skaap en word terstonds beloon toe hy op haar urineer. Sy was nie happy maar vat dit in goeie gees.
Skaaptrek 2018 319.JPG
As die pad lank word loop jy en krugerponde soek in veld. Nou nie waardevol maar wonder wat se storie die kan vertel
Skaaptrek 2018 322.JPG
By kanonfontein jaag ons skaap in n hou kraal
Skaaptrek 2018 331.JPG
Skaaptrek 2018 333.JPG
Hier wys Frans vir my die graf van Johannes Bothma wat op 3de Sept 1910 op die ouderdom van 19 j hier oorlede is. Hy is tydens n trek oorlede en toe op die plek begrawe. Dit was sy ouma se enigste broer. By ons staanplek staan die ou karoo huis.
Skaaptrek 2018 355.JPG
Skaaptrek 2018 365.JPG
Ek is nou sonder n slaapsak en bied my stretcher aan vir ma om op te slaap (happy wife =happy trek ) Ek bedel voersakke en maak bed op grond langs haar met n geleende slaapsa en n baba kombersie. Ek vat die space blanket in noodhulp kassie en sit hom heel onder op grond vir isolasie.
Frans gaan kyk op die skaap voor hy slaap en kom met die dorper lam terrug gestap. Hy lyk nie lekker en hy gee hom vir liesel met n belofte dat sy hom kan kry as hy dit maak. As hy dit maak noem ek hom wraggies Chuck Norris. En nou moet Chuck elke 2 ure melk kry, dit gaan alweer n lang nag wees.
volg
Skaaptrek 2018 340.JPG
Re: Skaap trek merweville na ceres karoo dag 3 (B)
En nou?

Waar is die res? Het Chuck Norris dit gemaak? Het jy oorleef met jou Space Age tegnologie en baba kombers deur die koue Moordenaars Karoo?

On wag in spanning om te hoor of die Pajero trein darem die hele toer kon meemaak.

CATS

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

2009 Pajero 3.2 DiDc Lwb GLS (Gen4) - Casper (Starting to grow on me)
2001 Pajero 3.2 DiD Lwb GLS Manual (Gen3) - Snoopy (SOLD but not forgotten)
2008 Pajero 3.2 DiDc Lwb GLS Auto (Gen4) - Silvester (SOLD)
Image
Post Reply