Goeiedag almal
Nou ja :
Wie is ek?
David Viljoen
45 jaar oud
Is my lewe lank in die medikasie bedryf ... pille en brille.
Het lank 'n 3liter Colt gery - maar smag na 'n Pajero (het juis 'n advertensie gegooi oor wat ek soek)
Tans 'n Volvo XC90. Bakgat voertuig - maar ek soek iets om mee te kamp!
Reeds baie jare betrokke by Weg en Wegry en Wegsleep.
Is mal oor kamp en reis en buitelewe en al daai lekker dinge soos jag en vuurmaak en so-aan...
Maar nou ja- genoeg van my.
Sien uit om alles van almal te lees en te geniet en te waardeer.
Pajero-groete (hopelik!)
David Viljoen