Page 1 of 2

Radiator antifreeze verloor

Posted: Sun Jul 03, 2016 10:23 pm
by Luiperd
Goeie naand

Ek weet daar is al baie oor hierdie topic gepraat, maar sal dit waardeur as julle my kan help met raad.

Ek het 'n rukkie gelede vir my 'n Pajero 2005 Gen 3 gekoop met 255000km op, hier van so 259000km af het ek begin agterkom dat hy water gebruik, eers uit die radiator, en daarna uit die kannetjie en nie uit die radiator nie.
daar was nooit water onder die voertuig nie, so dit was nie 'n eksterne lek nie. Ek het hom gevat dat hulle hom moet druk toets maar hulle kon niks kry nie. (Die toets is gedoen waar ons al ons besigheids voertuie altyd diens by 'n privaat werktuigkundige.) Die head was nooit afgehaal vir die toets nie.

Net na ek die voertuig gekoop het het ek gemerk dat sy tempratuur altyd baie laag was, ek het vermoed dat die termostaat foutief was en het dit laat vervang, net om te vind dat daar nie eers 'n termostaat was nie, net 'n "blank off plug". So ons het die termostaat net in gesit. Ek het ook die voertuig laat Dyno om te vind dat hy baie overfuel, die is ook dadelik reg gestel, dit is alles gedoen in die eerste 2000km nadat ek hom gekoop het.

Ons kom nou terug van ons vakansie af en omdat ek weet van die water gebruik het ek dit heeltyd mooi probeer dop hou. Oppad op vakansie het ons 1400km aanmekaar gery, langs die pad het ek na die water in die kannetjie gekyk (omdat ons aan mekaar gery het het ek nie die radiator oop gemaak nie) en die kannetjie was baie ver oorvol. Die oggend na ons by ons bestemming aangekom het het ek in die radiator gekyk, hy het omtrend 1.5 liter water gevat om vol te word, maar die kannetjie was nog steeds oorvol.

Tydens ons vakansie het ons nooit lang tye gery nie en die water vlak het nooit verander nie.

Ons terug rit was in twee gedeel, eerste deel was 550km, die oggend na ons eerste gedeelte moes ek weer so 1 liter ingooi. Ons tweede gedeelte was 880km tot by ons huis, net toe ek in die garage intrek merk ek dat die tempratuur so by 3/4 is, ek het die voertuig onmidelik afgesluit, toe ek die sleepwa afhak merk ek dat die linker moderskerm nat is, en dit ruik na antifreeze. Ek het na die kannetjie gaan kyk omdat die voertuig nog warm was, en daar was niks antifreeze meer in die kannetjie nie. Ek het ook nou in die radiator gekyk en kan niks antifreeze sien nie, ek sal hom bietjie later opvul om te sien hoeveel hy nodig het om vol te word.

Ek het 'n nommer van Freek in Rietfontein gekry op 'n vorige Topic van 2009, ek sal hom in die oggend probeer kontak.

Na wat ek alles al kon lees vemoed ek die head is gekraak, die voertuig staan nou op 263000km.

As iemand vir my meer raad en advies het sal ek graag daarna luister.

Groete

Marinus

Re: Radiator antifreeze verloor

Posted: Mon Jul 04, 2016 10:30 am
by peterpot
As jy noem dat hy nie 'n termostaat gehad het is dit miskien moontlik dat daar 'n geskiedenis van verkoelings probleem was al toe jy die voertuig gekoop het. Toe jy nou 'n termostaat ingesit het het die enjin temperatuur op normaal geloop maar die druk is nou hoer en die probleem meer duidelik. Dit is wel moontlik dat die head gekraak is maar dit is skaars met die 3.2 DID's.

Toe hulle die systeem getoets het, het hulle die sisteem getoets vir "combustion gasses"?

Ek sal voorstel dat jy eers al die maklikke moontlikhede eers moet uitskakel. DWS kyk na die "radiator cap", na die pyp wat van die verkoeler na die bottel toe gaan. Soek vir die witerigge merk wat verkoel middel los as hy van iewers af lek.
Daar is 'n spesiale maar moelikke toets wat gedoen kan word om te bevestig of die head gekraak is of gasket geblaas is voordat jy die "head" afhaal, maar kom ons kyk vir die ander goed voordat ons daar kom.

Laat weet vir ons.

Re: Radiator antifreeze verloor

Posted: Tue Jul 05, 2016 7:56 pm
by Luiperd
Ek sal probeer om enige vordering hier aan die gang te hou.

Na bietjie oplees, druk toetse en dies meer, gaan ek nou iets probeer.

Al die druk toetse kom positief terug met geen tekens van lekke nie. Ek het 'n voorstel ontvang om die radiator cap te vervang, ek het vandag die nuwe cap op gesit (1.24 in die plek van die 1.1) nou wag ek vir die volgende lang trip om te sien wat gaan gebeur.

Re: Radiator antifreeze verloor

Posted: Thu Jul 07, 2016 9:07 pm
by gerhardlombard
Hello,

Hierdie is 'n wilde raai, maar het jy die verwarmer soms gedurende hierdie tyd gebruik. Ek het 'n Land Rover gehad wat sy water iewers deur die 'heater box" verloor het.

Re: Radiator antifreeze verloor

Posted: Thu Jul 07, 2016 10:02 pm
by CATS
Gerhard kan dalk punt he dat daar dalk lugborrel in die verwarmer element vassteek as jy die kar hervul. Maak seker die verwarmer is aan as jy die verkoeler optop. Dalkkom daar lug daar uit.

CATS

Sent from my LG-H815 using Tapatalk

Re: Radiator antifreeze verloor

Posted: Fri Jul 08, 2016 8:22 am
by Luiperd
Baie dankie, ek sal dit doen as hy weer water nodig het, ja ons het die verwarmer gebruik, dit was -3 in Underburg toe ons daar deur is. hehe

So ver het ek nog net dorps ry gedoen en nog geen water het verloor nie, ek probeer beplan om volgende naweek weer 'n lang stukkie te ry, sal maar sien hoe verloop die beplaning.

Ek hou julle op hoogte.

Re: Radiator antifreeze verloor

Posted: Tue Jul 12, 2016 7:10 pm
by Bigwill
Hi daar Luiperd,

Ek het ongelukkig geen raad vir jou nie maar stel baie belang in jou probleem aangesien ek PRESIES dieselfde probleem tans het met my 2004 3.2.
Dit het begin toe ek een winteroggend vroeg in die Karoo weg is met 'n karafaan aan en 'n buite temperatuur onder nul grade. Die kar se meter het net skieleik begin styg en toe ek stop toe kook hy na die prop afgehaal is. Vol water gemaak en gereeld gestop vir verdere optops. Toe alles goed lyk begin ek weer vinniger ry. So 110kpu. Daarvan het hy nie gehou nie en weer warm geword. Weer vol gemaak en stadig gery huistoe. Van Bloemfontein na Johannesburg. So 80-90 kpu. Tuis gekom dadelik 'n cooling system analysis laat doen by 'n Silvertons. Geen gas in die water, geen water in die olie, geen lekkasies onder druk nie.. Intussen gevind as jy stadig ry soos in die dorp het jy nie 'n probleem nie, maar sodra jy begin vinniger ry raak die water weg. Weer na 'n ander Silvertons toe gister. Steeds geen fout te bespeur nie. Ek dink ook dit is 'n kraak in die silinderkop wat net oopmaak as die enjin baie warmder word soos wanneer jy hard ry. Ek wil maar die head laat afhaal maar weet nog nie waarheen om hom te vat nie. Ek is in JHB.

Re: Radiator antifreeze verloor

Posted: Tue Jul 12, 2016 9:31 pm
by Bigwill
Wat ek nie hierbo genoem het nie is dat ek reeds die termostaat asook die verkoelerprop vervang het met geen verbetering nie Ook die kwessie van die verwarmer en die bloei van die systeem het niks opgelewer nie. Daar is niks verkeerd met kar se krag nie. Kilo afstand is 156,000.

Re: Radiator antifreeze verloor

Posted: Thu Jul 14, 2016 2:37 pm
by h_hezzah
I had a similar issue in my previous ISUZU, which kept heating up suddenly under engine load and then cooled down to normal when driving normally.
I tried to find out the reason for a whole year, replacing the radiator and cap with no change.
At the later stages it started emptying most of the coolant from the radiator into the overflow tank, and the coolant was smelling like exhaust.

It turned out that one of the 2 head gaskets had a hair crack and was leaking hot exhaust gases into the coolant, but at the beginning only under full load, that was the reason of the sudden rise in temp.

Changed the gasket, and everything was perfect again.

Loss of Radiator coolant resolved

Posted: Fri Aug 12, 2016 4:37 pm
by Bigwill
OK so this is the outcome.....Further to my earlier post re "Radiator antifreeze verloor

The one positive thing about the whole affair is that I now have some 20 kg of scrap aluminium to sell to a scrap metal dealer. Yes that is the weight of a 3.2 cylinder head.
Everything now falls into place and makes perfect sense. That is: If you loose coolant and there are no obvious leaks, the stuff is flying through the exhaust. In my case a TINY horizontal crack of about 3 mm long developed inside the injector porthole below the o-ring and above the tapered narrowing of the port at the bottom towards the combustion chamber. I suspect the water chamber comes too close to this port and under certain conditions it may collapse. Silvertons tests could not pick this up.
Apparently this problem is not an uncommon one on these cars. If you suspect a similar issue you may be able to confirm this by pulling the injectors one at a time and look for white coolant deposits. In my case the corresponding glow plug also had the white coolant deposit. Fortunately my regular monitoring of the heat gauge prevented bottom end damage due to overheating so the bill was only R30.3K.