Die oorgang was sonder hardlopery en ons is almal verlig daaroor. Abegaile se selfvertroue groei met die bestuur tot my en ma se onsteltenis. Sy dink ons is weird !
En Chuck het net saggies sy laaste asem uitgeblaas.
Nog skaars begin boer en daar verloor ek my hele kudde. RIP Chuck
Ons is 7 km vanaf Laingsburg en Marissa ry om voer en kos vir ons te gaan kry. Russel le hier onder die seil weggekruip en verseg om te roer. Hy ry net so saam dorp toe.
Frans is n man wat voor vat en baie hard werk . Etenstye spandeer hy tyd saam die volk .. Ons kry etenstyd nog n merino lam by..
Sy is onwillig om kraamsaal toe te gaan en Frans voer n duikslag uit wat hom loshande plek sou gee in die springbok span. Kansvatters ! Melissa kom terug met voorraad en dit voel of ek jare laas coke gesien het. Mens raak so meegevoer met die trek en die afwesigheid van die beskawing dat jy voel of jy in n ander eeu is.