5 uur op na n nag wat ek alweer vreeslik met my beddegoed gestry het. Die geleende baba kombersie wou net nie in die slaapsak bly nie. Ons staan nou einde se kant toe en ek is verskriklik vuil.
Ons trek vandag na Sutherland teerpad toe waar ons sal slaap. n Trek van 21 km sonder n gangetjie.
Nog n mooi en koue karoo oggend wat aanbreek.
Ons het weer lammers gekry deur die nag wat gelaai moet word.
Dit is vriesend koud
Die lammers is vreeslik laf vanoggend en spring vreeslik rond. Ek hoop nie dit is n teken dat hul gaan hardloop vandag nie.
Die oggende in die karoo is hartseer mooi.
Frans en Marissa in hulle "happy place " met n verlate plaashuis in die agtergrond.. Ou verlate plaasopstal