Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6( B )
Posted: Tue Aug 14, 2018 10:06 pm
Ons kom deur die laaste hek en dit voel onwerklik as ons vir die eerste keer in 6 dae hulle nie probeer keer.
Hulle verdwyn baie vinnig in alle rigtings tot die veld gesaai is met wit kolle.Ek wil vir Frans n handdruk gee maar hy vat my vas met n stywe druk. Hy het geen idee hoe waardeer ek dit.
Ek en Liesel kyk vir mekaar met n "wat nou " uitdrukking. Ons het dit gedoen,ons eie everest voltooi en hoewel ons trots is kom daar n lee gevoel oor my. Ek dink dit is omdat ons moet terug beskawing toe. Frans en sy span. Ek het baie by hom geleer sonder dat hy dit besef. Hy leef eenvoudig en hard,n man met n skerp oog en n vlymskerp sin vir humor. Wens ek kon soos hy wees maar die wereld het my klaar gevang. Ons klomp skaaptrekkers wat vir 6 dae hard vsaam gewerk het. Ons is moeg,vuil en verlig ons is klaar.Ek is geweldig trots op ons as gesin. nou is dit huis toe tyd vir n bad en skoon klere. En asb, geen baked beans vir n paar weke nie.
En wat kan ek se van die Pajero ? niks nie, dit is dan n Pajero !