Vir geslagte het vee boere hul vee tussen somer en winter weiding getrek. Dit het egter verlore geraak met die modernewereld en slegs n handjie vol doen dit nog. Frans ,Marissa en hul 2 seuns is een van hulle en ons het die geleentheid gehad om saam te trek.Dit sou op dieselfde trekpad wees wat vorige geslagte gevolg het. Dit sou ek,my vrou en ons 2 dogters wees met 1071 skaap en 1 bok (moenie vra nie ) en sou 6 dae neem.
Ons is donker op om skaap bymekaar te maak.
Kinders is ook ywerig
Die eerste stap in die gangetjie ( die stuk pad tussen 2 drade ) gaan stadig sodat skaap kan vreet.
1 uur stop ons sodat almal kan rus
koffie tyd
Ons eerste stop sou by Vanderlinde se kraal wees. .
Ons kamp sommer so tussen skaap in die kraal.
By die huis het ek die Pajero se agter sitpleeke plat geslaan en ma en die 2 meisies sou daar slaap en ek in n klein tent op n stretcher.
Dit het toe dadelik uitgerafel toe ma langer as n paar minute daar moes le.
Synde ons altwee skraal is het ek aangebied om my stretcher met haar te deel. Dit het toe n lang en koue nag geword.
vervolg
Skaap trek Merweville na Ceres Karoo dag 1
- dawie botha
- Country: RSA
- Vehicle: 2000 Pajero
- TinusK
- Country: South Africa
- Vehicle: 2004 Pajero 3.2 DID GLS