Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6 ( A )
- dawie botha
- Country: RSA
- Vehicle: 2000 Pajero
Post
Die kraaie nomineer al vroeg vir hul elkeen n skaap. ons staan om die vuur en ek verkyk my aan Frans se jongste wat kaalvoet met n beker vol koffie en n handvol beskuit op sy hurke sit langs ons. Vreedsaam en gelukkig. Vandag gaan n kort 7 km trek wees.
Ons is amper daar. Elbie durf n stukkie pad aan saam met ons. Ek gaan die mooi son opkomste mis. Die Pajero lyk nou al net so sleg soos ons. Alles word net ingegooi ! Dit is my geleende slaapsak en baba kombersie wat hier le. Ons stop vir n vinnige koffie en ek maak my laaste kooksel op die dak.Vuil en yskoud. Oop vlaktes van die ceres karoo. Bakkie ryer. Of die merinos beter gedoen het as die dorpers sal ek myself nie uitlaat, dit is soos n gestry tussen die Toyota en Ford manne. Liesel en Frans het hier vooruit gery en ons kies kortpad oor n rantjie.
Ek word wakker met nog n yskoue oggend wat in my bene le. Die laaste aand wat die bleddie baba kombersie my getoets het.Ek het nie lekker geslaap met die teerpad so by ons nie al was daar geen verkeer. Voel net meer gerus in die vlaktes waar daar geen mense is.