Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6( B )

Tell us where your Pajero has taken you.
dawie botha
Country: RSA
Vehicle: 2000 Pajero
Posts: 21
Joined: Sun Aug 23, 2015 8:34 am

Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6( B )

Tue Aug 14, 2018 10:06 pm

skaaptrek 015.jpg
WhatsApp Image 2018-08-14 at 9.08.50 PM.jpeg
Ons kom deur die laaste hek en dit voel onwerklik as ons vir die eerste keer in 6 dae hulle nie probeer keer.
Hulle verdwyn baie vinnig in alle rigtings tot die veld gesaai is met wit kolle.Ek wil vir Frans n handdruk gee maar hy vat my vas met n stywe druk. Hy het geen idee hoe waardeer ek dit.
Ek en Liesel kyk vir mekaar met n "wat nou " uitdrukking. Ons het dit gedoen,ons eie everest voltooi en hoewel ons trots is kom daar n lee gevoel oor my. Ek dink dit is omdat ons moet terug beskawing toe.
bc942569-90de-4198-9c1f-a6fdf6e69fd8.jpg
Frans en sy span. Ek het baie by hom geleer sonder dat hy dit besef. Hy leef eenvoudig en hard,n man met n skerp oog en n vlymskerp sin vir humor. Wens ek kon soos hy wees maar die wereld het my klaar gevang.
e2fa5a96-9ebf-4d94-917a-8260c8ed00c4.jpg
2bf5feca-922a-45e0-ad96-a0d280d4aa86.jpg
Ons klomp skaaptrekkers wat vir 6 dae hard vsaam gewerk het. Ons is moeg,vuil en verlig ons is klaar.Ek is geweldig trots op ons as gesin. nou is dit huis toe tyd vir n bad en skoon klere. En asb, geen baked beans vir n paar weke nie.
En wat kan ek se van die Pajero ? niks nie, dit is dan n Pajero !


TinusK
Country: South Africa
Vehicle: 2004 Pajero 3.2 DID GLS
Posts: 51
Joined: Mon Aug 17, 2015 10:39 am

Re: Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6( B )

Wed Aug 15, 2018 6:42 am

Welgedaan!
User avatar
LowRange
Country: South-Africa
Vehicle: Gen 4 GLX LWB
Posts: 318
Joined: Tue Jun 23, 2009 8:09 pm

Re: Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6( B )

Wed Aug 15, 2018 8:21 pm

Dankie vir die deel Dawie!

Lekker saam getrek die laaste paar dae! Hoe ver is dit - 280Km? :o

Jou kinders is bevoorreg om dit te kan meemaak!

Johan
Johan
Gen 4 GLX 30th Anniversary Edition (Gravel :mrgreen: )
VW Tiguan 2.0TDi (Tar ;))
Bushlapa Boabab 4.2 in tow
User avatar
CATS
Contact:
Vehicle: 2001(Gen3) Pajero 3.2 Did, 2008(Gen4) Pajero Did
Location: Centurion
Posts: 2119
Joined: Fri Jun 12, 2009 11:11 pm

Re: Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6( B )

Thu Aug 16, 2018 2:18 pm

Dankie vir die saamry en die moeite met die elke dag se opdatering. Ek het dit baie geniet!

Dit was voorwaar 'n ervaring wat min mense beskore is om mee te maak.

CATS

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

2009 Pajero 3.2 DiDc Lwb GLS (Gen4) - Casper (Starting to grow on me)
2001 Pajero 3.2 DiD Lwb GLS Manual (Gen3) - Snoopy (SOLD but not forgotten)
2008 Pajero 3.2 DiDc Lwb GLS Auto (Gen4) - Silvester (SOLD)
Image
User avatar
Heelpadgrondpad
Country: South Africa
Vehicle: 2010 Pajero 3.2 DiD GLX Lwb Gen 4 (121kW)
Location: Cape Town
Posts: 26
Joined: Fri Jul 10, 2015 1:18 pm

Re: Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6( B )

Tue Aug 21, 2018 3:05 pm

Dawie, ek het nou skoon 'n traan gepik.

My hart le daar in die moordenaars Karoo. My ma se mense is van Sutherland en dis asof daai wereld my die heeltyd roep (tot my vrou se frustrasie, die ooptes is vir haar te veel). Miskien is die Van Wyk bloed maar in my ook.

Dankie vir die deel.

Groete
Olaf the 'friendly' snowman
2010 Gen4 Pajero GLX LWB 121Kw
OME Suspension / Ironman Shocks
Frontrunner Roofrack
Continental CrossContact 265/65/17
dawie botha
Country: RSA
Vehicle: 2000 Pajero
Posts: 21
Joined: Sun Aug 23, 2015 8:34 am

Re: Skaap trek merweville na ceres karoo dag 6( B )

Sun Aug 26, 2018 5:44 pm

My plesier

Return to “Trip Reports”

Login · Register