Page 2 of 6

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Mon Aug 15, 2016 9:11 pm
by Skobbejak
Naand aan al die Pajero manne en vroue. Terwyl almal praat van brandstof verbruik laat ek maar my mening as nuweling op die forum ook lig. Ek het verlede jaar in Maart my Fortuner ingeruil op 'n Pajero 2,5 Sport. Rede was dat dit meer waarde vir geld was as 'n nuwe Fortuner. Die outjie het goed getrek, behalwe vir die turbo storie as jy weg trek. Wat my egter ook gepla het was die diesel verbruik. Normaal het ek so 10l/100km gekry totdat ek waag om selfs iets soos 'n klein sleepwa te haak met 3 stelle golf stokke, dan verander die prentjie totaal. Met die pad na Hazyview waar jy bietjie klim verander die verbruik van Jhb van 11l/100km en as jy hoogtes kry 13l/100km. Met elke diens het ek hul aandag daarop gevestig maar daar was geen verandering. Nou gedurende die begin Januarie ry ek vanaf die Oos Rand, met my eindbestemming Ponto Malongane in die oog, en daar eindig als in 'n tragedie. Met 'n splinter nuwe Pajero Sport, wat ek nie kan wag om te toets in Moz se dik sand, ry ek 76km en daar blaas die motor. Ek word terug gesleep Oos Rand toe. Lang storie kort. Drie maande later het ek my Pajero terug met 'n nuwe enjin in. Nou was my diesel verbruik so 9,2l/100km en as ek sleep gaan hy bietjie hoër. Intussen het ek by SAC 'n Unichip laat insit en ek moet sê, krag is beter en brandstof verbruik is so tussen 8,4 tot 9,3l/100km. Verder is ek heel tevrede met die outjie en vrag of nie vrag, verbruik is nie sleg.

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Tue Aug 16, 2016 9:08 am
by TinusK
Goeiedag Skobbejak

Hoeveel km's het jou nuwe Pajero Sport gehad toe jou motor gegroet het? Regtig jammer om te hoor van jou teespoed.

Wat was Mitsubishi se rede hoekom jou motor gegaan het?

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Mon Aug 22, 2016 8:37 pm
by Skobbejak
Naand TinusK, my Pajero sport het 40 000 kilos gedoen. Hulle het eers beweer dat volgens hul toetse het ek petrol in die diesel gehad en toe ek deur my eie toetse, wat ek laat doen het deur Weircheck, en hulle verkeerd bewys het, het die problem verander na pin holes op die blok wat water deur gestoot het. Ek glo nie ek sal ooit die regte rede weet maar danksy alles het hul dit onder warranty laat regmaak.

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Tue Aug 23, 2016 8:55 am
by TinusK
Skokkend, maar ons is so al so gewoond daaraan dat Groot Industrie mens so aan die neus probeer lei.

Jou storie het my geinteresseer, aangesien my 2005 3.2 DiD nou op 314,000kms staan sonder enige probleme. Ek vermoed my volgende diens gaan rof wees, want die suspensie steun en kreun bietjie in die koue oggende.

Maar ek is bly jy is uitgesorteer, jy moet maar weer Ponto Malongane gaan opsoek!

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Wed Aug 24, 2016 7:31 am
by Hannes van Heerden
Môre almal wat sovêr kommentaar gelewer het op die Pajero's se brandstof verbruik.

Wat Skobejak geskryf het oor sy brandstof verbruik wat beter geword het toe hy die nuwe enjin in gesit het bevestig net wat ek nog die hele tyd sê. Ek bly by my standpunt dat dit gaan oor die sagteware van die pomp en blyk dit dat daar bitter min handelaars is wat die verstelling kan of wil hanteer.
Ek het verlede week my Jurgens Explorer met die Sport getrek en hanteer hy dit redelik gemaklik. Ek dink net ek is bederf omdat ek gewoond
is om die Explore met ons Pajero GLX ter trek wat swaarder is as die Sport en dus net gemakliker voel met die trek kombenasie .
Soos ek beloof het, het ek die brandstof verbruik getoets van die Sport en het hy my 7.2 kilo per liter gegee wat vir my aanvaarbaar is siende dat die Explorer `n baie swaar karavaan is.
As ek dus geheel kyk na die Pajero Sport sal ek hom vir enigeen aanbeveel om te koop, want jy sal verseker vêr moet gaan soek om beter waarde vir geld te kry

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Fri Aug 26, 2016 12:40 pm
by peterpot
20160824_182711.jpg

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Fri Aug 26, 2016 3:27 pm
by peterpot
Whaaaaat ............. No comment ??????

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Fri Aug 26, 2016 5:42 pm
by Roelf_le_Roux
Photoshopped

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Sat Aug 27, 2016 8:17 am
by peterpot
peterpot wrote:20160824_182711.jpg
Waiting for more comment before I respond. Cats says he does not believe it to be true ...........?

Re: Brandstof verbruik van Pajero`s

Posted: Sat Aug 27, 2016 8:56 am
by Roelf_le_Roux
It is true, but not representative. The graph shows a very short time span.