Re: Brandstof verbruik van Pajero`s
Posted: Wed Aug 30, 2017 1:53 pm
Hier is my 5 sent:
Ek ry 'n 2010 GLX LWB Auto 121kw met Old Man Emu vering, Iron Man skokbrekers en 265/70/17 Coopers op. Ek het ook 'n vollengte Wind Cheetah dakrak op.
In normale stads gebruik (en ek ry baaaie lig) kry ek op die beste 9.5 tot 9.9 km/l. nooit meer as 10. As ek bietjie hard ry, val dit sommer na 8.9 toe.
My Olaf het gister (29 Aug) 250,000km oorgeslaan en ons het Sondag teruggekom van 'n Kgalagadi trippie oor 10 dae:
3330km met jerry kanne en hout op die dak, BushLapa Boskriek aan die stert, volgelaai en met 125l vars water aan boord.
Die gemiddelde brandstof verbruik was 6.5km/l en die beste wat ek gekry het was 6.8km/l wat vir my woes swaar is maar dit is wat dit is. My maaters met hulle Hilux D/Cab 3.0D4D en LandCruiser70 4.2D se verbruik was presies dieselfde maar hulle het baie harder gery as ek en hulle het baie meer gewig gedra as ek.
Ek oorweeg re-mapping om die krag en verbruik so bietjie te verbeter maar daar is geen manier wat ek 'n ander kar gaan oorweeg nie. Ek is baie gelukkig met my Pajero.