Page 1 of 1
Wegry Maart 2011 Nuusbrief -Ry lekker saam met nuwe maatjies
Posted: Mon Mar 28, 2011 2:45 pm
by JohanV
Ry lekker saam met nuwe maatjies
Wou jy al ooit die 4x4-roetes wat ons evalueer gaan ry, maar was nie lus om op jou eie te gaan nie? Wel, as jy in Gauteng bly kan jy dit van nou af doen.
Herman Timmerman, eienaar van L.A. Sport in Centurion en bekende 4x4 instrukteur, het aangebied om die reëlings te tref as ons Gautengse lesers saam die roetes wil gaan ry. Dit gaan nie ’n amptelike 4x4-klub wees nie maar net ’n lekker informele saamrygroep wat die roetes gaan ry wat ons in die tydskrif publiseer. Dit sal jou ook niks ekstra kos nie – slegs die roetefooie. Herman sal dalk selfs afslag beding.
As jy na die tyd saam met jou nuwe vrinne wil braai, soveel te lekkerder. Die eerste roete wat gery gaan word is TAU-4x4-roete in die Krugersdorp wildreservaat op 3 April.
Skakel Herman by 072 489 8890 of 012 653 8834.
Kom saam en ry veilig!
Marilize
Vir die van julle wat in Gauteng is en vir die van julle wat nie Wegry se nuusbriewe kry nie (hoogs onwaarskeinlik).
Wie weet, as alles goed gaan sien ek van julle dalk die naweek daar
Groete
Re: Wegry Maart 2011 Nuusbrief -Ry lekker saam met nuwe maatjies
Posted: Mon Mar 28, 2011 9:46 pm
by 4x4 Outthere
Hi Chris
Sal belangstel. Laatweet maar elke keer as julle gaan ry met n PM. Ek is ongulikig baie uit die land uit maar sal graag saam ry as ek hi is.
Re: Wegry Maart 2011 Nuusbrief -Ry lekker saam met nuwe maatjies
Posted: Tue Mar 29, 2011 9:22 pm
by cloyd
JohanV, Ons (my vrou, ek en Pajero) sal ook belangstel in sulke ritte. Ongelukkig is komende naweek te gou. Hou ons in die prentjie vir die volgendes.
Groete, Cloyd de Klerk
Re: Wegry Maart 2011 Nuusbrief -Ry lekker saam met nuwe maatjies
Posted: Sun Apr 03, 2011 10:19 pm
by JohanV
Hi Julle,
Het toe vandag die Tau 4x4 roete saam met wegry gedoen in die Krugersdorp wildreservaat.
Het so 11:00 begin en 'n rit op die agterpaaie gevat deur die wildtuin, op daai paaie wat gewoonlike die "No-Entry" borde op het vir die algemende besoeker. Het so 14:00 by die 4x4 baan self opgedaag.
Die baan self is nie baie lank nie maar bied genoeg om alle vermoens van jouself en jou voertuig te toets. Die baan is nie 'n "Vehicle breaker" nie, maar verg nogsteeds konsentrasie en aandag. die hele 4x4 roete vat so 1.30uur
Normale kostes om die 4x4 baan tery is in die omgewing van R500 plus nog die toegangs fooie van die wildreservaat. behalwe as julle 'n dag besoek wat geborg word soos vandag dan betaal julle net die toegangs fooie en val by die groep in.
kyk by
http://www.passport2adventure.co.za/ vir die datums wanneer die volgende byeenkomstes en borg dae gaan plaasvind.
sal in die week die fotos oplaai en vir julle wys hoe het die gelyk
