Skaap trek merweville na ceres karoo dag 4 ( A )

Tell us where your Pajero has taken you.
dawie botha
Country: RSA
Vehicle: 2000 Pajero
Posts: 21
Joined: Sun Aug 23, 2015 8:34 am

Skaap trek merweville na ceres karoo dag 4 ( A )

Sun Aug 12, 2018 2:43 pm

Ek sukkel met koue en gisteraand was bitter koud. Die voersak bed was verbasend gemaklik. Was net Chuck wat my kort kort wakker gemaak het. Liesel het hom elke 2 ure gevoer en moed ingepraat. Ek hoop regtig die ou maak dit, hy is nogal cute.
Het n geluid in vroee oggend ure gehoor in kamp en dog ek vang n skaapdief, was toe Russel wat stywe been probeer loop.
Ek sukkel vanoggend om op te kom en le en wonder hoe kom ek hierin.
Ek dink hierdie gaan soos die comrades wees, jy kan nie wag dat dit begin, halfpad wil jy moed opgee en teen die einde wil jy dit weer doen.
Elbie slaap nog en ek bid dat sy gesond sal wees, wil so graag he sy moet dit geniet.
Ons trek vandag van Kanonfontein na Holsloot, 24 km ver. Daar is weer nie n gangetjie so hardloop is ons voorland.
2309d41b-d6da-4846-9267-2215129eb678.jpg
Ek het die vorige nag ontsien om alles vas te maak op die dak en met die ryp wat ons gehad het wil my vingers afval met die werkery. Wonder hoekom doen ek dit aan myself.
WhatsApp Image 2018-08-02 at 7.13.42 AM.jpeg
Chuck is in sy element toegedraai in n space blanket langs die vuur voor ons begin stap. Die volk grinnik net vir die storie en Chuck vat n slukkie melk.
Skaaptrek 2018 380.JPG
Dit is alweer n stowwerige storie so vroeg in die oggend.
Skaaptrek 2018 381.JPG
Ek hou van baked beans maar dit raak nou bietjie erg, padkos is n baked bean biltong rol sonder botter. Sommer so met jou vuil hande terwyl jy loop
Skaaptrek 2018 407.JPG
WhatsApp Image 2018-08-02 at 10.20.11 AM.jpeg
Moordenaarskaroo pad ,8km vanaf Kanonfontein en nog 9 tot by Buffelsrivier brug en dan 7 km tot by Holsloot. Chuck byt nog vas maar dinge lyk nie goed.
Voor ons le n berugte baken op die trekpad nl Buffelsrivierbrug. n Skaap is van nature wantrouig en jy moet hulle met mielies oorlok en dan aan die beweeg hou.
Oorkant die brug moet jy keer dat hulle nie treugdraai in die ruig rivierloop nie. As jy een hier mis, is hy weg.
Skaaptrek 2018 410.JPG
Skaaptrek 2018 416.JPG
.
Attachments
WhatsApp Image 2018-08-02 at 10.20.11 AM.jpeg
Skaaptrek 2018 406.JPG


Return to “Trip Reports”

Login · Register