Page 1 of 1

Hallo almal

Posted: Sun Apr 18, 2010 10:12 pm
by Ramkat
Hallo manne (en dames).

My naam is Andre en swambo is Karin, voorheen met Toyota's gespeel en op die Hilux en SA Forums as Rampie bekend. Ons het 'n huis vol kinners, perde, motorfietse en hou van kamp, jag en alles buite.
Na baie sielewroeging het Ramkat die Hilux plek gemaak in die garage vir 'n Pajero Sport, wat nou al 'n hele 750km op die klok het.
Ons gunsteling speelplek is enige plek in Afrika, maar Berakah het 'n spsiale plekkie in ons harte, deels omdat dit naby is.
Die einde van die maand gaan ons in 'n groot sandput in Botswana speel, dan sal ons sien of die Pajero sy sout werd is.

Sien uit na klomp goeie geselsies en beslis julle advies hoe om 'n outometic 4x4 te ry - ons ken net die handratte.

Re: Hallo almal

Posted: Mon Apr 19, 2010 11:13 am
by AndreBenson
Welkom Andre

Ek hoop jy gaan die Sport sommer gate uit geniet!!! Pajero is bietjie anders as die Hilux's, en met die automatie,,, wel mik en druk boet!!!

Enjoy!!
Andre

Re: Hallo almal

Posted: Thu May 06, 2010 11:30 pm
by Ramkat
Thanks Andre. Botswana het gewys dit is net so maklik as wat jy se. Druk daai tiptronic links agter in 2e rat vas en gee net gas dan loop hy mooi deur die sand. :mrgreen: :mrgreen: