renier.dejongh
Ouboet bring Kleinboet huis toe.
Wat ne lekker dag.
Ek het vandag die kleinboet van my Pajero gaan laai en huis toe gebring. Ek het mos daai 1996 LWB 2.8 TDI Pajero wat ek mooi gemaak het. In n motor home verander. Toe soek ek vir n SWB en raai wat, ek kry toe n SWB. Dis n 1997 (ook n witte nes myne) 3000 V6 met 171000Km op die klokke. Die voertuig het vir 3 jaar op bokkies gestaan want sy voorste dif en "related bearings" het opgepak. Dus, ek is nou op soek na daai parte, enige idees? Verder lyk hy nie te sleg nie. Hy het 4 splinternuwe Yokohama bande op en so tipe van n extra boot wat agter op die towbar pas. (as iemand een soek, ek het ene want ek hou nie van hom nie).
Gee my raad asb. Onthou hy het drie jaar gestaan. Wat staan my te doen rakende die engine, ratkaste difs ens. Ja, ek sal al die olies moet vervang maar is daar enige iets anders wat ek moet doen voordat ek hom probeer start of ry. Ja, daar is baie klein dingetjies wat ek moet doen maar aaaag wat, ek het hom gekry vir , luister net hier, R25000-00. Nie n slegte prys nie as jy my vra. Sal nog sien wat is alles nodig sodra ek hom gestart het eendag.

Waar kan ek sy manual kry? 1997 SWB V6 3000 handrat. Is dit goeie engines daai?

Hoe laai ek fotos hier af, ek sukkel of ek is dom. Ek add n file (die foto wat ek wil laai dan gaan hy na n blank screen na n rukkie????

Dankie
Renier
tonton
Re: Ouboet bring Kleinboet huis toe.
renier.dejongh wrote:...
Waar kan ek sy manual kry? 1997 SWB V6 3000 handrat. Is dit goeie engines daai?

Hoe laai ek fotos hier af, ek sukkel of ek is dom. Ek add n file (die foto wat ek wil laai dan gaan hy na n blank screen na n rukkie????

Dankie
Renier
Renier,

Ek antwoord in Engels sodat die buitelanders (en ander Engelssprekende lede) die gesprek kan volg.

There are some manuals available on the website. Click on "MANUALS" in the links at the bottom (left) of the site.

Posting photos is explained by one member here: https://www.pajeroclub.co.za/forum/view ... ment#p7641

Hope it helps.

And we love photo's! There is a saying on the forum that "if there is no photo's, it did not happen"!

Regards,
Anton
Post Reply