Vir die van julle wat in Gauteng is en vir die van julle wat nie Wegry se nuusbriewe kry nie (hoogs onwaarskeinlik).Ry lekker saam met nuwe maatjies
Wou jy al ooit die 4x4-roetes wat ons evalueer gaan ry, maar was nie lus om op jou eie te gaan nie? Wel, as jy in Gauteng bly kan jy dit van nou af doen.
Herman Timmerman, eienaar van L.A. Sport in Centurion en bekende 4x4 instrukteur, het aangebied om die reëlings te tref as ons Gautengse lesers saam die roetes wil gaan ry. Dit gaan nie ’n amptelike 4x4-klub wees nie maar net ’n lekker informele saamrygroep wat die roetes gaan ry wat ons in die tydskrif publiseer. Dit sal jou ook niks ekstra kos nie – slegs die roetefooie. Herman sal dalk selfs afslag beding.
As jy na die tyd saam met jou nuwe vrinne wil braai, soveel te lekkerder. Die eerste roete wat gery gaan word is TAU-4x4-roete in die Krugersdorp wildreservaat op 3 April.
Skakel Herman by 072 489 8890 of 012 653 8834.
Kom saam en ry veilig!
Marilize
Wie weet, as alles goed gaan sien ek van julle dalk die naweek daar
Groete