Hier is my 5 sent:
Ek ry 'n 2010 GLX LWB Auto 121kw met Old Man Emu vering, Iron Man skokbrekers en 265/70/17 Coopers op. Ek het ook 'n vollengte Wind Cheetah dakrak op.
In normale stads gebruik (en ek ry baaaie lig) kry ek op die beste 9.5 tot 9.9 km/l. nooit meer as 10. As ek bietjie hard ry, val dit sommer na 8.9 toe.
My Olaf het gister (29 Aug) 250,000km oorgeslaan en ons het Sondag teruggekom van 'n Kgalagadi trippie oor 10 dae:
3330km met jerry kanne en hout op die dak, BushLapa Boskriek aan die stert, volgelaai en met 125l vars water aan boord.
Die gemiddelde brandstof verbruik was 6.5km/l en die beste wat ek gekry het was 6.8km/l wat vir my woes swaar is maar dit is wat dit is. My maaters met hulle Hilux D/Cab 3.0D4D en LandCruiser70 4.2D se verbruik was presies dieselfde maar hulle het baie harder gery as ek en hulle het baie meer gewig gedra as ek.
Ek oorweeg re-mapping om die krag en verbruik so bietjie te verbeter maar daar is geen manier wat ek 'n ander kar gaan oorweeg nie. Ek is baie gelukkig met my Pajero.
Olaf the 'friendly' snowman
2010 Gen4 Pajero GLX LWB 121Kw
OME Suspension / Ironman Shocks
Frontrunner Roofrack
Continental CrossContact 265/65/17
2010 Gen4 Pajero GLX LWB 121Kw
OME Suspension / Ironman Shocks
Frontrunner Roofrack
Continental CrossContact 265/65/17
Naand Hannes. Ek besef dis al amper twee jaar terug, maar kon jy al uitvind of daar iemand is wat die dieselpomp kan stel of aanvaar ons maar dat ons gaan sukkel om by 10km/l met die PS te kry. Ek ry 2014 A/T. IzakHannes van Heerden wrote:Môre almal wat sovêr kommentaar gelewer het op die Pajero's se brandstof verbruik.
Wat Skobejak geskryf het oor sy brandstof verbruik wat beter geword het toe hy die nuwe enjin in gesit het bevestig net wat ek nog die hele tyd sê. Ek bly by my standpunt dat dit gaan oor die sagteware van die pomp en blyk dit dat daar bitter min handelaars is wat die verstelling kan of wil hanteer.
Ek het verlede week my Jurgens Explorer met die Sport getrek en hanteer hy dit redelik gemaklik. Ek dink net ek is bederf omdat ek gewoond
is om die Explore met ons Pajero GLX ter trek wat swaarder is as die Sport en dus net gemakliker voel met die trek kombenasie .
Soos ek beloof het, het ek die brandstof verbruik getoets van die Sport en het hy my 7.2 kilo per liter gegee wat vir my aanvaarbaar is siende dat die Explorer `n baie swaar karavaan is.
As ek dus geheel kyk na die Pajero Sport sal ek hom vir enigeen aanbeveel om te koop, want jy sal verseker vêr moet gaan soek om beter waarde vir geld te kry
Sent from my iPhone using Tapatalk