Transmision overheating
Posted: Wed Jul 20, 2011 10:35 am
Hi almal
Ek het in April vir my 'n 2001 Gen 3 3.2 DI-D Auto met 204 000 km gekoop. Dit is 'n baie lekker voertuig maar ek moet sê ek mis my Gen 2 3500 Lwb nogal.
Ek het nou so 6000 km gedoen met die 3.2 en daar was geen probleme nie maar laas naweek het ek 'n ligte karavaan gesleep vanaf George na die Karoo Nationale Park op Beafortwest. Alles het reg geloop en ek was baie beindruk met die sleep vermoë van die Pajero maar toe begin die moeilikheid in Meirings Poort.
Ek het so 60 km/p/hr gery en dan skop die box terug na 2 de en die rev's loop in die rooi, dit het net gebeur as die voetuig ligies begin trek verder was daar geen probleem nie. Ek het by die laaste stop gestop voor jy die Poort uitgaan en toe ek weg trek het my Centre Diff lock ligie begin flash en my ABS ligie het gebrand. Ek het gestop en die voertuig af gesit en weer gestart en toe is alles reg vir 'n ruk. Na so 5 km het my Trans Temp ligie aan gekom en ek het gestop vir so 5 min en toe verder gery maar die ligie het bly aankom en ek moes 5 keer stop en wag langs die pad. Voor B/west het die ABS ligie ook weer aan gekom.
Die Sondag het ek terug gesleep maar in Tip Tronic en daar was geen probleem nie. Ek moet by sê dat ek toe ook teen 100/ 110 terug gesleep het en nie teen 120/ 130 soost toe ek oppad was nie.
By die huis gekom het ek die voertuig gevat dat die computer in geplug kan word en die volgende foute het op gekom.
Eerste dat die stop Light switch foutief is.
Tweede dat die input speed sensor foutief is.
Ons het die foute gekanseleer en ek het weer die karavaan gehaak en gaan toets teen die Outaniqa Pas. Nadat ek so tweekeer op en af teen die Pas gery het het die ABS en Centre Diff Lock ligie weer aan gekom. Wat ons ook op die computer toe ook op getel het is dat as ek die kar se ligte aansit met die karavaan gehaak die computer wys dat die briek lig brand maar tog brand die ligte nie. Ons het die foute wat presies dieselfde as die vorige keer weer gekanseleer en ek het toe weer die pas op gery en toe kom die Trans ligie weer aan en die box het gemeet 104 grade.
Nou volgens die mechanic wat saam met my was lê die probleem dat die box warm word dalk by die Stop Light Switch want soos hy aan my verduidelik gee die stop ligte 'n sein terug na die box as jy sou rem en ook omdat die Stop Light Switch ook eerste op die computer op kom.
Ek is nie baie skerp met die dinge nie maar sou graag wil hoor of daar wan julle is wat dalk meer inligting oor so iets het.
Ek moet ook by sê dat ek sien dat my Pajero se boonste agter ligte ook gekopel is en ek weet nie of dit dalk iets daarmee te doen kan hê nie.
Groete
Jakes