
My Pajero DID 2007 gen 4 se ASC en engin lig kom gereeld aan en bly aan om eers weer oornag af te gaan. Elders het ek gelees dat dit gepaard gaan met kragverlies. Nie in my geval nie. Die ratkas voel egter biedjie hakkerig.
Ook gelees dat sommige 'n manifold probleem daaraan koppel. Myne is saam met turbo gediens op 180 000 (was egter tog skoon) en nou eers weer 10 000 gedoen.
Olie bly redelik lank skoon voor dit swart word.+- 3500 tot 4000 km. Delco natuurlik en 2 stroke!
Daar is nie vooraf tekens nie. Sal mooi ry. Afsit, besigheid gaan doen, terug kom aan sit dat is die liggies aan en gaan dan eers weer oornag af om dan vir 'n dag of twee af te wees voor dit weer herhaal.
Ek is mal oor my kar maar as ek nie hulp kry nie...


Nelspruit skyn maar 'n moeilike plek te wees as dit by die kar kom
